{"title":"Top 20 - Nie-Fiksie Boeke","description":"\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003eTop 20 boeke van 2022 in die kategorie. \u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eOns gaan elke dag een nommer byvoeg soos ons af tel na nommer een - wees verseker om ons te volg! Meeste van hierdie titels gaan ook deel vorm van ons *Aanbevole Kersfeeslys*\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","products":[{"product_id":"9780143538455","title":"Kook uit die hart","description":"","brand":"Alida Ryder books","offers":[{"title":"Trade paperback","offer_id":31403323818095,"sku":"9780143538455","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780143538455_84319947-8458-42df-9c1a-51aa08d8260d.jpg?v=1749679080"},{"product_id":"9780796322180","title":"Verlore Seun vannie Gaatjie Die","description":"\u003cp\u003e\"Gaatjie-kinders word mos nie gekies nie.\" Ivor Swartz kom van die Gaatjie in Grabouw, 'n plek sonder hoop. Sy pa is vroeg dood en sy ma maak hom en sy sibbe alleen groot. Hulle oudste broer, hulle selfaangestelde\"oppasser\", terroriseer die gesin. Een aand besluit Ivor hy kan net nie meer nie. Hy en sy vriend neem 'n vreeslike besluit wat sy lewe ingrypend verander. Hierdie aangrypende verhaal, eerlik vertel deur Ivor self, sal jou aan die hart ruk en met verwondering oor God se genade los.\u003c\/p\u003e","brand":"NB Publishers","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":31920648716399,"sku":"9780796322180","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780796322180_1eb7901a-e274-44ba-bf36-17d9dd72ccbc.jpg?v=1749684580"},{"product_id":"9781485311225","title":"Erfgeld is Swerfgeld","description":"\u003cp\u003eJohannes Bakkes is die geliefde skrywer van andersoortige reisverhale soos Ons is moertoe en Norrevok. Hierdie boek is meer persoonlik; hier skryf hy homself oop. Die subtitel is Reis na binne, die -ste -ste plek – hy is altyd op soek na die koudste, warmste, hoogste, droogste plek om te besoek. Hier word humoristiese vertellings oor sy reise afgewissel met sy pa se wolhaarstories en lewendige geskiedenisvertellings. Hy en sy seun vind aanklank tydens nog ’n onbesonne reis. Sy liefde vir sy familie is tasbaar. Gerrit Rautenbach noem die manuskrip “sy beste skryfwerk nog” en “blootstellend anders” Bakkes lê homself bloot in sy weerloosheid, vrees en krankheid. Hy wys wie hy was in die ou bedeling en hoe hy probeer hand bysit in die nuwe bedeling, wat hy nie gekies het nie. Dis ’n dapper, aangrypende reis vol humor en deernis.\u003c\/p\u003e","brand":"Protea Distribution","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":32111260860527,"sku":"9781485311225","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781485311225_094fc955-2e13-4674-a9fe-5cb627198d19.jpg?v=1749685104"},{"product_id":"9781485312093","title":"Man op die Fiets na nêrens","description":"\u003cp\u003e\"Frederik de Jager se vertellings is fyn getekende woordportrette wat die uitsonderlikheid van gewone mense vasvang - met deernis, humor en 'n skeut hartseer. Of dit nou Jan Rabie, die enigste dogtertjie op 'n seunskoolbus, Mal Marina die klawerkoningin of die seun op die speelgrond is wat so stip kon kyk, dis figure met wie elke leser kan vereenselwig\"--Back cover.\u003c\/p\u003e","brand":"Protea Distribution","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":39323314389103,"sku":"9781485312093","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781485312093_3a8fdac9-c47f-4384-8136-8a8fbfbf07ba.jpg?v=1749687600"},{"product_id":"9781485312154","title":"Hou die Kruit Droog","description":"","brand":"Protea Distribution","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":39840583975023,"sku":"9781485312154","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781485312154_472186ba-fb57-49c8-9fdf-da80e9bd32e7.jpg?v=1749688639"},{"product_id":"9780624090885","title":"In Die Tyd van die Gif","description":"\u003cp\u003eMin sou Dana Snyman weet toe hy die Rugbywêreldbeker-eindstryd op Rondomskrik kyk dat die euforie van dié oomblik kortstondig sou wees; dat ons lewens binnekort soos  handomkeer sou verander. Dana verwoord die ervaring van die daaropvolgende agttien maande – van rugbytriomf tot treur en vertwyfeling. Dan kry hy self ook Covid.\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003eDana se kenmerkende fyn waarneming en deurleefde wysheid maak In die tyd van die gif ’n leesmoet. Daar is pyn en verlies, maar ook geloof en hoop – en ’n goeie blomjaar.\u003c\/p\u003e","brand":"NB Publishers","offers":[{"title":"Trade paperback","offer_id":40711356448879,"sku":"9780624090885","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780624090885_8ded45b6-1637-4e99-9767-c09044f758be.jpg?v=1749690346"},{"product_id":"9781928530619","title":"Antoinette Sê","description":"\u003cp\u003e\"Stories is medisyne, die Lennon's van die lewe. Stories het al menigmaal my lewe gered. As ek myself in die storie herken of as 'n storie 'n spieël word vir n groot gebeurtenis in my lewe, help dit my om getuie te word van my eie lewe. Hierdie kortverhale vertel die stories wat op ons werf op Theefontein uitspeel, stories oor my kinderdae op Carnarvon, stories oor kwaaikalkoene, stories oor die son as hy sambokslaan op ons sinkdakke, stories oor hoe mens die weer vir weke \"lees\" op die uitkyk vir reën en stories oor die baldadige vreugde as die Blou Dak se Baas 'n slag sy gieter oor die vlaktes en die berge laat leegloop.--Provided by Publisher.\u003c\/p\u003e","brand":"Naledi Uitgewers","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":40711356547183,"sku":"9781928530619","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781928530619_24657595-297e-432a-aea7-0581aa6d8976.jpg?v=1749690350"},{"product_id":"9781485900894","title":"Huiskos","description":"","brand":"Penguin Randomhouse SA","offers":[{"title":"Trade paperback","offer_id":40711360479343,"sku":"9781485900894","price":450.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781485900894_4205ce5d-0c7a-4dcf-9056-7ade5053f214.jpg?v=1749690547"},{"product_id":"9780798182621","title":"Marinda se Towerkombuis met Sjef Sout en","description":"\u003cp\u003eMarinda se kinderkombuis is ’n kleurvolle kookboek met ’n kinkel. Benewens resepte is daar ’n skatkis van wenke hoe kinders by kosmaak kan baat, asook hoe bak-en-brou die jongspan op ’n pretmanier help met skoolvakke, lees en skryf. Leer saam met Sjef Sout om 'n omelet te maak, en die fraaiste kolwyntjies te versier. En dan is daar die eksperimente wat Prof Pretzel demonstreer. Die kombuis word ’n laboratorium wanneer hy wys hoe om ’n kleureskouspel met melk op te tower, en nog vele meer.\u003c\/p\u003e","brand":"NB Publishers","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":40711362609263,"sku":"9780798182621","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780798182621_8b241449-9e61-4ab4-bf75-78eb4d17700c.jpg?v=1749690635"},{"product_id":"9780799371635","title":"Steinhoff en die Stellenbosse Boys","description":"\u003cp\u003e\"Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R193 miljard werd. Slegs 24 uur later is meer as R117 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-ryk, wat oor 50 jaar tot 0ÃŒÂ9n internasionale kolos opgebou is, het oornag verkrummel. Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en sedertdien val geraamtes die een na die ander uit sy kas: bewerings van bedrog, spoghuise vir 0ÃŒÂ9n blonde minnares en 0ÃŒÂ8n lewe van oordaad. Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde 0ÃŒÂ8Stellenbosch-mafia0ÃŒÂ9 te doen? Hoe pas die magnaat Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waar is die pensionarisse se geld? Die bekende skrywer James-Brent Styan beantwoord diÃ‚Â©Ã¢â„¢Â­ en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiÃ‚Â©Ã‚Â±le ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika. Deur onderhoude met bronne in die binnekring, inligting uit vertroulike dokumente en dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, gee Styan die publiek 0ÃŒÂ8n blik op die binnewerkinge van die groep. Steinhoff en die Stellenbosse Boys is 0ÃŒÂ9n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale en sitkamers oorvertel sal word.0ÃŒÂ+--Agterblad van boek.\u003c\/p\u003e","brand":"Lapa Uitgewers","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":40777146990703,"sku":"9780799371635","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780799371635_745131ea-6a69-4ded-a0f2-affa00bb22c0.jpg?v=1749690957"},{"product_id":"9781431625901","title":"Eenminuut-Oordenkings: Vir Kinders","description":"","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":40777149612143,"sku":"9781431625901","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781431625901_885ba5ec-a610-460e-be17-2a2b876006ed.jpg?v=1749691058"},{"product_id":"9781485313083","title":"Iewers Erens","description":"","brand":"Protea Distribution","offers":[{"title":"Hard cover","offer_id":40777150791791,"sku":"9781485313083","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781485313083_bbf9b360-814c-45a3-934b-e33233020763.jpg?v=1749691085"},{"product_id":"9780799390582","title":"Selfies Seksklets \u0026 Slimfone","description":"","brand":"Lapa Uitgewers","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":40777171271791,"sku":"9780799390582","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780799390582_ad1f3a00-b16e-44de-bc5f-d9ba724aeefb.jpg?v=1749691679"},{"product_id":"9780624088851","title":"1 Recce Volume 3: Onsigbaarheid is ons k","description":"\u003cp\u003eDie Slag van Cuito Cuanavale is al dekades lank 'n bron van hewige konflik en emosie, maar tot nou toe was min bekend oor die Recces se teenwoordigheid en impak tydens dié omstrede gevegte.\u003cbr\u003e\nIn hierdie laaste boek van die spanningsvolle trilogie oor 1 Recce onthul Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self  'n oud-Recce, meer oor die Recces se betrokkenheid daar.\u003cbr\u003e\nPropvol spanning, adrenalien, hoogdrama en onvergeetlike vertellings deur oud-Recces wat dié ervarings eerstehands beleef het.\u003c\/p\u003e","brand":"NB Publishers","offers":[{"title":"Trade Paperback","offer_id":40777176744047,"sku":"9780624088851","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780624088851_dd63998c-1b10-43ca-bfdf-735a100d23d7.jpg?v=1756389758"},{"product_id":"9781432311360","title":"Kosbaar","description":"","brand":"Penguin Randomhouse SA","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":40777180315759,"sku":"9781432311360","price":400.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781432311360_106dfa5e-2845-4d28-a06b-fab5258161c9.jpg?v=1749691933"},{"product_id":"9780624092667","title":"Moord Op Pofadder","description":"\u003cp\u003eWat dryf ’n beeldskone jong ma van drie daartoe om haar man wreed te laat vermoor? Waarom wou Suretha Brits sÃ³ graag van haar Leon ontslae raak?\u003cbr\u003e\nDanksy inligting uit die binnekring van vriende, familie en mense nÃ¡ aan die polisie-ondersoek, sit die joernalis Charné Kemp die stukkies van die legkaart bymekaar en vertel die volle verhaal van die opspraakwekkende huurmoord op die geliefde Pofadder-hotelbaas.\u003cbr\u003e\n’n Boeiende ware misdaadverhaal wat draai om geld, diamante, Krugerrande, seks en verraad.\u003c\/p\u003e","brand":"NB Publishers","offers":[{"title":"Trade paperback","offer_id":40828748398703,"sku":"9780624092667","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780624092667_156f8e7f-0978-4f35-b9e5-8fe32fdddfa4.jpg?v=1749692305"},{"product_id":"9781776191772","title":"Anglo-Boereoorlog In Kleur Die","description":"\u003cp\u003eTonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling foto’s wat lewensgetrou ingekleur is. Dit bring vars perspektief op een van die belangrikste historiese gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003eIn die Anglo-Boereoorlog of Suid-Afrikaanse Oorlog het die twee Boererepublieke van Transvaal en die Oranje-Vrystaat teen die Britse Ryk te staan gekom. Hierdie verwoestende oorlog sou vir dekades lank nog ’n uitwerking hê op die Suid-Afrikaanse politieke, ekonomiese en sosiale landskap.\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003eVolume 1 handel oor die konvensionele fase van die oorlog van Oktober 1899 tot Junie 1900 met Lord Roberts se besetting van die Boererepublieke. Die foto’s wys die Boeremagte se invalle in Natal en die Kaapkolonie, die besetting van Ladysmith, Kimberley en Mafeking, en van die bekendste slagvelde van die oorlog.\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003eLesers sal talle ikoniese foto’s in Die Anglo-Boereoorlog in kleur raaksien, maar ook verskeie wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Honderde boeke het die afgelope 120 jaar oor die oorlog verskyn, maar dit is die eerste een in volkleur.\u003c\/p\u003e","brand":"Jonathan Ball Publishers","offers":[{"title":"Trade paperback","offer_id":40828751151215,"sku":"9781776191772","price":430.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781776191772_c68f8492-fd88-4d7f-bdab-18db6132b6f9.jpg?v=1768316386"},{"product_id":"9780624092315","title":"Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika","description":"\u003cp\u003eDié nuwe, opgedateerde uitgawe van die topverkoper Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika sluit bydraes in deur gerekende nuwe skrywers, wat die storie van ons land en mense reg tot op datum bring. Onder redaksie van Bill Nasson word nuwe insigte uit die geskiedskrywing en die argeologie ingeweef. Die boek begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en later trekboere en Voortrekkers. Dan kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van die politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloë in 1914 en in 1939 in Europa laat plaaslik nuwe kragte vry. Die boek vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang. HiernÃ¡ val die soeklig op die demokratiese presidentskappe en die onverwagte en onvoorspelbare onlangse geskiedenis, wat staatskaping -- en beurtkrag -- insluit. Met die nuutste inligting en invalshoeke word die volledige storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel.\u003c\/p\u003e","brand":"NB Publishers","offers":[{"title":"Hardcover","offer_id":40854552379503,"sku":"9780624092315","price":510.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780624092315_44834818-6dee-4f0e-a2dd-08f58e6b7523.jpg?v=1769153232"},{"product_id":"9781776093380","title":"Hoerkind: Memoires van 'n Randeier","description":"\u003cp\u003eDie joernalis en skrywer Herman Lategan word vroeg reeds Ã…”° hoerkind genoem. Hy is buite die eg gebore. As kind word hy brandarm groot; daar is Ã…”° skaarste aan kos. Op ses gaan hy vir Ã…”° jaar kinderhuis toe. Om soos Ã…”° weggooikind te voel spook dekades lank by hom. Albei sy ouers word alkoholiste. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van Ã…”° pedofiel. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Hy word in die weermag toegesluit. As jongeling vertrek hy na New York waar hy die kunstenaar Andy Warhol op straat agtervolg. Hy keer terug na Suid-Afrika waar hy op die strate beland. Later gaan hy na verskeie rehabilitasiesentrums vir alkohol- en dwelmafhanklikheid. Een aand word hy gyselaar gehou en met Ã…”° mes gesteek. Hy verloor byna sy been nÃ¡ Ã…”° motorongeluk tydens Ã…”° besoek aan die oudrugbyspeler Mannetjies Roux se plaas. Later vind hy 'n veilige hawe wanneer sy pad met dié van Graham Sonnenberg kruis. Hy maak opgang as joernalis wat na die verste uithoeke van die wêreld reis. Hoerkind is 'n aangrypende relaas oor verlies én oorwinning.\u003c\/p\u003e","brand":"Penguin Randomhouse SA","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":40983766925423,"sku":"9781776093380","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781776093380_56a65492-0a18-4d45-97d6-6423fd5f720a.jpg?v=1749693211"}],"url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/collections\/top-20-nie-fiksie-boeke.oembed","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}