{"product_id":"9781067234812","title":"C'esta La Vie","description":"\u003cdiv\u003e\u003cp\u003eC'est la Vie (2013) is die inspirerende memoires van 'n vrou wat, ten spyte van terugslae en teleurstellings, haar eie pad met energie en passie baan. Deernisvol, by tye roerend en soms skreeusnaaks - altyd vol lewensvreugde.\u003cbr\u003eWanneer Lanie van Reenen haar suksesvolle gastehuis in Kaapstad verkoop, gaan sy met vakansie na Frankryk en koop ŉ Chateau in Aubusson op die Franse platteland wat sy en ŉ paar vennote omskep in die vierster hotel, Chateau Sallandrouze en waar sy vir drie jaar die bouery oorsien en uiteindelik die hotel bestuur.\u003cbr\u003eNiks kon haar egter voorberei op hoe uitmergelend anders dit is om in ŉ land waar jy die taal nie praat nie,\u003cbr\u003enóg die tradisies verstaan, ŉ sukses te probeer maak van ŉ hotelletjie in die Franse platteland nie. Die projek is ontnugterend moeilik en uiteindelik onmoontlik.\u003cbr\u003eOm aan haarself te verduidelik hoe dinge so kon skeefloop, begin sy skryf en met dié gaan haar onthou ver terug in haar verlede.\u003c\/p\u003e\u003c\/div\u003e","brand":"Naledi Uitgewers","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":50530222047520,"sku":"9781067234812","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781067234812_c889345c-211b-4103-8798-9250a2e1781e.jpg?v=1778015272","url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/9781067234812","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}