{"product_id":"9781779890399","title":"Plaasdiere van Suid-Afrika","description":"\u003cdiv\u003e\u003cp\u003e\u003cem\u003ePlaasdiere van Suid-Afrika\u003c\/em\u003e is ’n vrolike prenteboek van ’n splinternuwe druknaam, Struik Agri. Dit stel jong lesers voor aan die vele plaasdiere – groot én klein – wat in die veld loop, in die kraal staan of in die hoenderhok skrop.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJong lesers ontmoet ’n woelige versameling van meer as 60 diere – van sagte skape en besige bokke tot kleurvolle koeie, parate plaasbrakke en klein kapok-hoendertjies. Feitebrokkies word vergesel deur volkleur-illustrasies en foto’s, en bou die jong leser se kennis oor plaasdiere en die lewe op Suid-Afrikaanse plase. Die boek se oulike uitleg maak dit lekker om oor die landbou te leer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cem\u003ePlaasdiere van Suid-Afrika\u003c\/em\u003e is gemik op kinders onder sewe, en sal beslis plaaskinders én stadsjapies se liefde vir diere en die platteland aanmoedig.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cstrong\u003ePropvol unieke Suid-Afrikaanse diererasse: \u003c\/strong\u003eNguni • Afrikaner • Ankole • Drakensberger • Tuli • Bonsmara • Dorper • Persie • Van Rooy • Boerbok • Kalahari Red • Veldbok • Potchefstroom Koekoek • Boschvelder • Volstruis • Boerperd • Basuto-ponie • Nooitgedachter • Kolbroek • Boerboel\u003c\/p\u003e\u003c\/div\u003e","brand":"Penguin Randomhouse SA","offers":[{"title":"Picture Flat","offer_id":52285603152160,"sku":"9781779890399","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781779890399_d2750720-1f71-4e35-9f3d-381e97d8eb0f.jpg?v=1788256055","url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/9781779890399","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}