{"product_id":"anne-van-green-gables","title":"Anne van Green Gables","description":"\u003cdiv\u003e\u003cp\u003eToe Lucy Montgomery middae in die laatstrale van die son by haar venster gesit en skryf het aan haar storie oor die enigmatiese Anne, sou sy nooit as te nimmer kon droom dat dié verhaal, meer as honderd jaar later, steeds die harte van mense oor die aardbol heen sou steel nie. Anne of Green Gables is reeds in meer as 36 tale vertaal. Daar is al vollengte films, radiodramas, televisieflieks en -reekse, strokiesprente, musiekblyspele en teaterproduksies daarvan geskep … alles geïnspireer deur Montgomery se wonderskone verhaal oor die eksentrieke klein weeskind met die rooi hare, flinke brein, vinnige humeur, sagte hart en verbysterende woordeskat. Sy sou nooit kon voorsien dat Prince Edward Island, Kanada, waar sy lewe in haar karakters geblaas het, in die geheue van kinders en (oumas) grootouers \/ volwassenes van talle tonge en tale sou woon nie. Daar is trouens jaarliks produksies van Anne of Green Gables in Europa en Japan. Lucy Montgomery het heelparty opvolgverhale geskryf en meer as 67 jaar ná haar dood is The Blythes are Quoted gepubliseer. In 2008 is ’n voorspel, Before Green Gables, deur Budge Wilson geskryf om die 100ste jaar van die boekreeks te gedenk. Die oorspronklike boek word vandag nog aan studente oor die wêreld heen voorgeskryf.\u003c\/p\u003e\u003c\/div\u003e","brand":"Naledi Uitgewers","offers":[{"title":"Trade Paperback","offer_id":51919064564000,"sku":"9781776172238","price":345.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781776172238_9d071a83-0862-407d-afc1-de459d9f3179.jpg?v=1782551447","url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/anne-van-green-gables","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}