{"product_id":"blinde-kol","title":"Blinde Kol","description":"\u003cdiv\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eEk wil met Karla praat of ek skiet almal dood.\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDis wat die jong man sê nadat hy sy pad by ’n dameskoshuis ingeskiet het. Minstens twee meisies lê dood voor die ingang. Niemand weet hoeveel daar nog aan die binnekant is nie. Maar die polisie weet hy het gyselaars geneem.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHoekom het hy juis vir AO Karla Blanckenberg (Losprys) gevra? Nie sy of die ander lede van haar gyselaar onderhandeling span herken hom nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIntussen arriveer AO Colin Menck (Donker Spoor, Skuldig) ook op die toneel. Met ’n dogter wat self ’n student is, voel die situasie heeltemal te persoonlik.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eTerwyl Blanckenberg die jong man se binnewêreld probeer ontsluit, grawe Menck in sy verlede om uit te vind wat hom tot hierdie punt gedryf het. Maar hoe meer hulle leer, hoe meer onvoorspelbaar raak die situasie, en hoe groter die lewensgevaar vir almal betrokke. \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lapa Uitgewers","offers":[{"title":"Trade Paperback","offer_id":52203341447456,"sku":"9781779860583","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781779860583_a124ec62-23af-433e-a9ff-9b1640690b7e.jpg?v=1787056249","url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/blinde-kol","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}