{"product_id":"brandstapel","title":"Brandstapel","description":"\u003cdiv\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eParty mense begrawe die verlede. Ander verbrand dit.\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr class=\"rte-ignore-br\"\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e'n Brandstigter saai chaos en skroom nie om lewens te neem nie. Wanneer Majoor Alek Strauss verdwyn en sy voertuig op 'n skrootwerf gevind word met 'n verbrande lyk binne-in, word sy vrou, Ilse Liebenstein, en die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid se hele wêreld omgedop. Die keer is dit persoonlik. Wie sou verantwoordelik wees?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr class=\"rte-ignore-br\"\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eKort voor lank verdiep die raaisel. 'n Gesin word uitgewis in 'n brand in Monoghan Farm en 'n paar dae later brand nog 'n slagoffer in 'n pakhuis dood. Op elke toneel vind die ondersoekspan bisarre leidrade wat die sake aan mekaar verbind. Die piromaan is nie net behep met vlamme nie, maar geniet duidelik die slagoffers se lyding. Amper asof elkeen spesifiek uitgesoek is.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr class=\"rte-ignore-br\"\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDit berus by kaptein Bastian Wolvaardt om die brandstigter te stuit voor hy weer toeslaan. Maar hoe nader hy aan die vlamme kom, hoe groter raak die risiko dat hy ook sal brand.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr class=\"rte-ignore-br\"\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Penguin Randomhouse SA","offers":[{"title":"Trade Paperback","offer_id":51735659708704,"sku":"9781776380978","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/brandstapel","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}