{"product_id":"grensloos","title":"Grensloos","description":"\u003cdiv\u003e\u003cp\u003eSabine Maartens is nie iemand wat getem kan word nie. Ná pynlike jeugjare het sy haar eie weg gebaan, hier as vlieënier in Botswana, maar altyd is daar die risiko dat haar onblusbare drang om wilde diere te beskerm haar aan die verkeerde kant van die reg kan laat beland. Haar pad het jare gelede kortstondig gekruis met dié van Max Krige, eks-Interpolagent, deesdae top-onderhandelaar vir ’n internasionale sekuriteitsmaatskappy . . . en toe het die vonke gespat. En nou bevind Sabine haar in ’n lewensgevaarlike situasie, as een van die gyselaars wat weggevoer word uit die deltagebied. Reeds is ’n bloedspoor agtergelaat. Kan Max verdere lewensverlies verhoed? Dis asof die noodlot hierdie omstandighede so bestem het, want Max weet dit is nie ’n situasie waar hy koel en berekend sy werk kan doen nie. Sy hart vertel hom dit. Grensloos is ’n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudings waarvoor Wilna Adriaanse so geliefd is.\u003c\/p\u003e\u003c\/div\u003e","brand":"Jonathan Ball Publishers","offers":[{"title":"Trade Paperback","offer_id":51868106883360,"sku":"9780624095583","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780624095583_8435161b-2a22-4208-92ed-ef89d95ff802.jpg?v=1781692152","url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/grensloos","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}