{"product_id":"grenslyn-1","title":"Grenslyn","description":"\u003cdiv\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003e\u003cem\u003eGrenslyn \u003c\/em\u003ebied episodes uit die lewensverhaal van ’n anonieme ek-verteller, Vroumens … oor haar huwelike, ook haar traumatiese kinderdae weens haar pa se alkoholisme en oor haar gevolglike depressie. As volwassene word sy gediagnoseer met grensgeval-persoonlikheidsteuring wat die konteks skep waarin die hoofkarakter se weergawe van gebeure verstaan moet word. Dit bied ’n sleutel tot haar gedrewe lewenshouding: Sy noem haarself ’n dom waaghals wat holderstebolder betrokke raak by situasies wat die adrenalien voluit pomp. Haar humorsin, weiering tot selfbejammering en liefde vir perde is egter haar oorlewingsmeganismes. \u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003e\u003cem\u003e“Die perde wys my die Suiderkruis wanneer die winter my hart van depressie wil laat toeryp, en die Drie Konings in die somer wanneer die sweet van angsaanvalle my lakens wit van salpeter los. Hulle herinner my daaraan dat die hier en nou al is wat saak maak. Hulle leer my om tjoepstil te staan wanneer die blitse wil piets en die wolke lawaai en die reëndruppels soos haelkoeëls op my kop val. Om dan die vrede te midde van die storm te soek.”\u003c\/em\u003e – uit: Grenslyn \u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Turksvy Publikasies","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":51927243358496,"sku":"9780796191540","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780796187260_3d30726e-e61c-4167-bf1d-cb71d7c1c619.jpg?v=1782818841","url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/grenslyn-1","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}