{"product_id":"groete-uit-skotland","title":"Groete uit Skotland","description":"\u003cdiv\u003e\n\u003cp\u003eFrances vlug van ’n hartseer verlede weg na ’n koue Skotland toe. Hier, waar haar ma se\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003emense vandaan kom, wil sy graag ’n nuwe lewe begin en vergeet van wat gebeur het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDaar aangekom, laat weet sy haar ouma Martie wat op ’n plaas naby Hazyview woon. Sy\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003ebegin werk as ’n onderwyseres by ’n plaaslike skool en loseer by gawe Skotte, maar selfs\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003edie pragtige landskap en mense is nie altyd genoeg om haar siel te salf nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn Suid-Afrika vind Martie dit moeilik om alles alleen te behartig. Dit is nie maklik om ’n\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eweduwee op ’n plaas te wees en haar kleinkinders groot te moes maak nie, al doen sy so\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003emet baie liefde en geloof. Toe Frances se broer, Deon, gewerf word deur ’n skool in\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003ePretoria voel sy egter heeltemal alleen. Na ’n plaasaanval besef Martie dat sy ’n\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eplaasbestuurder sal moet aanstel, en só betree Dillon Geduld haar wêreld.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eGerbrand is ’n Suid-Afrikaanse predikant in Skotland en worstel met sy eie gebrokenheid\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003een pyn terwyl hy ander moet bystaan. Sy troos is die Skotse landskap, die Woord, sy\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003ebediening en sy ouers se ondersteuning. Een Sondag sien hy vir Frances raak ... By die\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003ekerk ontmoet Frances ’n landheer en word na sy herehuis genooi. Daar besef sy, sonder\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003edat hulle dit weet, dat die MacIntyres bloedfamilie is ...\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eGroete uit Skotland is verhaal van intrige, familiebande en verrassings. Gebroke mense\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003evind hoop en bemoediging by mekaar terwyl hul worstel deur hulle eie verliese,\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003everhoudings en teleurstellings. Soms draai dinge nie uit soos jy verwag het nie, selfs nie\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eeers op die asemrowende hooglande en eilande van Skotland nie.\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lapa Uitgewers","offers":[{"title":"Trade Paperback","offer_id":51173860475168,"sku":"9781779881045","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/groete-uit-skotland","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}