{"product_id":"karoowildsvleis","title":"Karoowildsvleis","description":"\u003cdiv\u003e\n\u003cp\u003eWanneer wildsvleis reg verwerk word, is dit van die smaaklikste dinge wat jy op jou bord kan hê. En wie kan nou ’n sappige stukkie Karoowild weerstaan? In dié boek neem Annatjie, huishoudkundige en Karookind, en Lynne  jou op ’n wildsreis en wys jou al die truuks – van die verwerking tot gaarmaakmetodes en bevriesing.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie boek is ingedeel volgens snitte, met lipafleklekker resepte vir elk. Geroosterde steakblokkies met knoffelsous, biltonghappies, ontbeende wildsbladrol, gerookte wors, Karookerrie en selfs bobotie en lewerkoekies staan hul plek vol. En natuurlik wildspastei, almal se gunsteling. Jy sal alles en nog meer in dié boek kry, van die klassieke treffers tot dié met ’n lekker \u003cem\u003etwist\u003c\/em\u003e.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie boek hoort in elke kombuis, so kry jou voorskoot en beïndruk jou gaste met wildsgeregte uit die boonste rakke.\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jonathan Ball Publishers","offers":[{"title":"Trade Paperback","offer_id":52180934426912,"sku":"9780798186278","price":390.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780798186278_76b7c30f-8ddc-4bf7-9ba4-c2042f23a26c.jpg?v=1786561015","url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/karoowildsvleis","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}