{"product_id":"oorlog-beeld-die","title":"Oorlog-Beeld, Die","description":"\u003cdiv\u003e\n\u003cp\u003eHierdie boek is ‘n geskiedenisboek wat van al die ander verskil. Oorlog-Beeld voer ‘n verbeelding-sprong uit om die krygswêreld van daardie stryders wat deur Nelson Mandela as die eerste Afrika-vryheidsvegters van die 20ste eeu” beskryf is, te laat herleef.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHier, in koerantformaat soos dit destyds kon gewees het, volg die verhaal van die “Engelse Oorlog” wat deur Boere vertel word: deur die offisiere wat hulle burgers op die slagvelde by Magersfontein, Colenso en Spioenkop aanvoer; deur bittereinderburgers wat tot op die laaste volgehou het; deur verveelde burgers wat Mafeking, Ladysmith en Kimberley tevergeefs beleër het; deur en kinders in die konsentrasiekampe; deur regeerders en krygsgevangenes in ballingskap asook ver-skeie ander deelnemers – alles toegelig uit ‘n magdom kontemporêre bronne en met ‘n menigte foto’s wat destyds geneem is.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOorlog-Beeld poog om die veranderende persepsies van die Boeregemeenskap oor spesifieke oorlogskwessies in die wydste sin van die woord uit te beeld. Daar word nie net oor militêre konfrontasies berig nie, maar ook oor die kommandolewe, oor die ervaringe van krygsgevangenes in kampe oor die aardbol heen versprei, oor die aktiwiteite van die Boere-afgevaardigdes in die buiteland wat buitelandse ingryping aan Boerekant teweeg moes bring, oor die aktiwiteite van prominente individue, soos president Paul Kruger en Emily Hobhouse.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie berigte dek die Boere se sieninge oor kwessies so uiteenlopend as die moraliteit van propaganda, die “verraad” van die sogenaamde joiners, die teregstelling van verraaiers, van Kaapse rebelle en van Republikeinse offisiere, die Britte se verskroeidedaardebeleid, die betrokkenheid van swart mense by die oorlog, die Boere se hantering van Britse soldate en offisiere wat deur hulle gevang is, die burgers se hartstog vir vrede en die impak van die oorlog op die Boere se godsdienstige oortuigings.\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jonathan Ball Publishers","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":52246570172704,"sku":"9781868422616","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781868422616_586742fa-2c4e-447a-acaa-e48b290aa438.jpg?v=1787668651","url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/oorlog-beeld-die","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}