{"product_id":"rebekka-van-kameeldoornplaas","title":"Rebekka van Kameeldoornplaas","description":"\u003cdiv\u003e\n\u003cp\u003eTussen oorloë, tussen families, tussen wêrelde\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eGetoë as ’n kampkind tydens die Anglo-Boereoorlog, word Rebekka as arm\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003ebywoner groot op Kameeldoornplaas, wat aan die ryk Wright-familie behoort.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eBekkie is ’n skrander leerling, lief vir skool en haar boeke. Toe sy noodgedwonge\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003edie skool verlaat om na die Wrights se dogtertjies te kyk, dink sy dis tydelik. Maar\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003ehaar versukkelde, verminkte pa “verkoop” haar aan die Wright-gesin. Nou moet sy\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003ehaar land en mense agterlaat om in Engeland kinderoppasser te word.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete in die volksvreemde vind.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eGelukkig is prof. Wright die leergierige Bekkie goedgesind. Onder sy leiding\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003everbreed haar kennis oor alles van Britse kookkuns tot wêreldpolitiek. Dis hier\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003ewaar haar oë oopgaan. Dis ook hier waar sy die professor se broerskinders, Richard\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003een David, bevriend.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar oorlog broei op die horison en die noodlot is nog lank nie klaar met\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eRebekka nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eWaar pas sy in hierdie wye wêreld in? Is sy Boer of Brit? Is sy regtig die jong\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003edame van die herehuis in Oxford? Wat dan van die kaalvoet kind van\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eKameeldoornplaas?\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lapa Uitgewers","offers":[{"title":"Trade Paperback","offer_id":51173908906272,"sku":"9780637003179","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9780637003179_7608c584-6ab1-43c7-92c3-7911694bbfdb.png?v=1780046050","url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/rebekka-van-kameeldoornplaas","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}