{"product_id":"sakkie-die-skapie-se-wilde-wollerige-dag","title":"Sakkie Die Skapie Se Wilde, Wollerige Dag","description":"\u003cdiv\u003e\u003cp\u003eKom saam op ’n wilde jaagtog soos ons vir Sakkie die skapie probeer vang! Hierdie oulike avontuur gaan oor plaasjapies wat ’n ondeunde hanslammetjie probeer inhardloop. Terwyl klein Sakkie deur Karoo-plase dartel en baljaar, sien jong lesers die wêreld van wol in aksie: skaaphonde wat die trop bymekaar maak, skeerders wat met wollerige skape werk, pragtige stoetramme wat rosette wen, spinwiele wat tol... en selfs ’n deftige modeparade vol uitbundige uitrustings.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDeur die verhaal is daar brokkies inligting vir nuuskierige lesers: Hoe vinnig kan jy ’n skaap skeer? Hoeveel sokkies kom uit een skaap se wol? Hoe slim is ’n skaaphond?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie komiese, kleurvolle verhaal is ryk geïllustreer en trots Suid-Afrikaans. Die leesvlak en inhoud stem ooreen met die Nasionale Kurrikulum se Grondslagfase CAPS (Afrikaans en Lewensvaardighede), hoewel jonger kinders ook die verhaal, visuele elemente en humor sal geniet.\u003c\/p\u003e\u003c\/div\u003e","brand":"Penguin Randomhouse SA","offers":[{"title":"Paperback","offer_id":51874299740448,"sku":"9781779890818","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0268\/2916\/0559\/files\/9781779890818_2daf340f-ad17-4541-aa5b-823acedad93f.jpg?v=1781731905","url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/sakkie-die-skapie-se-wilde-wollerige-dag","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}