{"product_id":"valskermbataljon-verhale-2","title":"Valskermbataljon - Verhale 2","description":"\u003cdiv\u003e\u003cp\u003eMet die reusesukses van Valskermbataljon-verhale wat verlede jaar verskyn het, is daar ŉ groot aanvraag vir nog stories uit die penne van valskermsoldate wat elkeen op ŉ unieke manier en in hul eie woorde hul ervarings in dié elite-eenheid deel. Derhalwe verskyn Valskermbataljonverhale 2 propvol nog uitsonderlike ware verhale vanjaar.\u003cbr\u003eDie aanvraag vir ŉ opvolgboek het nie slegs van lesers gekom nie, maar ook van talle valskermsoldate wat ook graag hul stories van uiters uitdagende opleiding, operasionele kontak met die vyand, kameraadskap en humor wil deel. Stories wat hulle al vir dekades met hulle saamdra en nou met almal kan deel.\u003cbr\u003eSoos met die eerste boek is hierdie stories van deernis, waagmoed, waaghalsigheid, deursettingsvermoë en\u003cbr\u003euiterste lojaliteit, geskryf in die taal en styl van elke individuele soldaat; elkeen se eie ervarings in sy eie woorde in beide Afrikaans en Engels. Stories wat eerlik en opreg geskryf is, oor ŉ tyd wat die lewens van duisende soldate en hul geliefdes onomkeerbaar verander het.\u003cbr\u003e\u003cem\u003eValskermbataljon-verhale 2\u003c\/em\u003e is stories van moed, deursettingsvermoë, gevaar, humor, vasbyt en verlies wat die leser by tye laat regop sit, glimlag en ook diep laat nadink.\u003cbr\u003eHierdie is ŉ boek nie net vir en oor soldate nie, maar vir elkeen wat nog ooit gewonder het oor die manne in maroen, hul valskerms en die eenheid.\u003c\/p\u003e\u003c\/div\u003e","brand":"Naledi Uitgewers","offers":[{"title":"Trade Paperback","offer_id":51971809902880,"sku":"9781997476344","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"url":"https:\/\/www.thebookkeepershop.co.za\/products\/valskermbataljon-verhale-2","provider":"The Book Keeper Shop","version":"1.0","type":"link"}