Van Nigeriese rebellegroepe, dwelmsluikhandel uit Kaapstad wat raak aan die Taliban, en polisiemolle met duister geskiedenisse moet Kassie - posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met 'n ernstige waarskuwing op sy diensrekord - sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad?