My Eerste Afrika-avontuur - Riaan Manser

My Eerste Afrika-avontuur

Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 220.00
Sale price
R 220.00
Regular price
R 220.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Die topverkoper “My first African Adventure” is nou ook beskikbaar in Afrikaans!
In September 2003 het Riaan Manser vasbeslote uit Kaapstad gery om die eerste persoon te word wat reg rondom Afrika met 'n fiets toer. Hy het gedink dit sal hom 'n jaar neem, maar dit het hom meer as twee gekos. Aan die einde van 2005 het hy teruggery Kaapstad toe, 14 kg ligter ná sy 36 500 km reis, deur vier-en-dertig lande. In sy boek vir volwassenes “Around Africa on my bicycle” laat Riaan die leser toe om die geswoeg, opgewondenheid en af en toe se angstigheid van sy reis te herleef - sy wroeginge deur die Sahara en Libiese woestyne, die aanleer van Frans, Portugees en Arabies, aap, rot en vlermuis etes, om te kon staan voor die
piramides, ongekende vryheid te ervaar in die Rooi See in Egipte, hiënas wat hy mond tot mond gevoer het, en staan op die hoogste, sowel as die laagste punte in Afrika. Riaan het op 25 November 2005 veilig in .Kaapstad aangekom.
Nou, vir die eerste keer, kan kinders Riaan se wonderlike ontdekkingsreis in 'n prettige, geïllustreerde weergawe herleef. Gevul met prettige feite en inligting, sal MY EERSTE AFRIKA-AVONTUUR jonk en oud vermaak vir nog baie jare.