Lotta se klas gaan op
'n uitstappie na 'n veldskool op 'n eiland. Die plek behoort aan 'n regte baron en sy vrou, en daar is baie diere: meeue, visse, perde, en selfs 'n lama. Maar daar's ook 'n groep ongeskikte ouer kinders wat hulle aanhoudend boelie - veral vir Paul. Gelukkig het Lotta haar ANTI-BERENICE-SPROEI ingepak . . . en haar blokfluit.