Hierdie versameling van Ingrid Jonker se werke sluit in al haar gepubliseerde gedigte (bundels: Ontvlugting , Rook en oker , Kantelson ) sowel as haar jeugwerk. Ons sal opnuut herinner word waarom van Jonker se bekendste werke, soos “Ek herhaal jouâ€, “Die kind†en “Bitterbessie dagbreekâ€, steeds beskou word as van die mees geliefde gedigte in die Afrikaanse letterkunde.