Default product image

Dan Hou Ons Net Aan

Vendor
Naledi Uitgewers
Regular price
R 275.00
Sale price
R 275.00
Regular price
R 275.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Hierdie woorde het ‘n leuse geraak waarmee die radiostasie, gebore in die storm-en-drang-jare van die politieke oorgang van 27 April 1994, sy vele uitdagings trotseer het.
Die uitdagings het gewissel van ‘n giftige media-omgewing van etikettering en stereotipering waarin die radiostasie ontstaan het, tot insidente waar polisiemanne van die destydse onlusteeenheid van die ou Suid-Afrikaanse Polisie in Caspir-voertuie op Donkerhoek opgedaag het om die uitsendings te stop en uiteindelike hofaansoek op hofaansoek totdat die radiostasie vir die eerste maal in 2010 permanente uitsaailisensie ontvang het.
Die stasie het gegroei van ‘n rebelle-strydradio tot ‘n gerekende media-instelling met visie om onafhanklike
Afrikaanse inhoud in elke huis waar Afrikaans gepraat word, te skep.
Vandag word die stasie nie net landwyd op DStv se oudio-boeket geluister nie, maar ook wêreldwyd via die
internet en selfoontoepassing asook op FM vanuit verskeie sentra.
Die boek Dan hou ons net aan! vertel hierdie verhaal soos neergepen deur die oprigters van die radiostasie,
ds. Mossie van den Berg, prof. Adriaan Pont, prof. Schalk Botha en oud-regter Bill Prinsloo en verskeie rolspelers en aktiviste wat ‘n radiostasie uit uitgediende SAUK-toerusting aanmekaar gesit het en net aangehou
het, ten spyte van die hewigste teenkanting.
Die boek word onder redakteurskap van Willie Spies uitgegee.