
"Mariza, 'n bekende historiese romanskrywer, het haar woorde verloor nadat 'n brand haar huis byna in puin gelê het. Daarna sterf haar man en nou, 'n jaar later, haar Jack Russell wat 16 jaar haar metgesel was. Sy ontmoet Joubert Hofmeyr, en hulle vertrek op 'n reis na die Kgalagadi: sy om haar woorde terug te kry, hy om meer vir sy navorsing oor sy voorgeslag se skades en skandes by haar uit te vind. Die twee besef hul verlede het 'n komplekse verweefdheid. Mariza en Joubert verskil soms, is 'n klankbord vir mekaar en ryg mekaar se stories aanmekaar, maar weet dat die verlede soms jou toekoms bepaal. Die goue draad deur die storie van vyf geslagte vroue is dat hul probleme universeel is. Dat die kollektiewe geheue van die vroue mekaar van geslag tot geslag beinvloed"--Back cover.