Piekfyn Afrikaans Gr 12 cover

Piekfyn Afrikaans Gr 12 LB HT (KABV)

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 359.00
Sale price
R 359.00
Regular price
R 359.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Piekfyn Afrikaans Graad 12 bevat interessante leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervaringswêreld sal verryk en jou moontlik sal help met ’n beroepskeuse ná jou matriekjaar.

Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Jy gaan ook

  • vir begrip verskeie fiksie- en niefiksietekste lees;
  • verskeie visuele tekste krities interpreteer en verduidelik;
  • in verskillende sosiale situasies duidelik kommunikeer;
  • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer;
  • aandagtig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos gebruik in mondelinge en skriftelike aanbiedings; en
  • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste volgens prosesskryf aanbied.

 Piekfyn Afrikaans help jou ook met jou voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien.