
Die Grootboek is spesiaal geskryf om by die ontwikkelingsvlak, ervaringswêreld en sin van humor van die Graad 1-leerder te pas. Dit sluit aan by die tema “My klas en my maats” in die Leerdersboek en Onderwysersgids. Dit is ook so ontwikkel dat die boeke in meer as een leessessie gebruik kan word soos dit volledig in die onderrigplanne beskryf word.