Die Nuwe Alles-In-Een Handleiding vir voorskoolse aktiwiteite dek die Nasionale Kurrikulumraamwerk vir kinders van geboorte tot vier jaar oud se vroeë leer- en ontwikkelingsareas (ELDA’s) om kinders se ontwikkeling, kennis en vaardighede deur middel van interaktiewe aktiwiteite te bevorder. Dié handleiding bestaan uit daaglikse onderrigplanne saamgestel vir drie ouderdomsgroepe.