Wisselende Stemminge
Product image

Wisselende Stemminge

Vendor
Naledi Uitgewers
Regular price
R 260.00
Sale price
R 260.00
Regular price
R 260.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Gedigte is vir Cas Vos ’n woordwyse om met die vreugde en wroeging van die lewe om te gaan. In Wisselende stemminge kom die sinvraag van die lewe helder aan die lig. Die mens is ’n lewensreisiger, van sy kleintyd tot hy sy laaste asem kwytraak. Op sy reis ervaar hy ’n wêreld wat in duie stort. En dit alles deur die toedoen van mense. Die mens se donker tye is oorspoel met slyk en modder. Waar liefde kwyn, neem hebsug die oorhand.
Wisselende stemminge nooi die leser uit om die verskeidenheid lewens-stemminge op die pad van gedigte te ervaar. Op die reis is daar die wisslende stemminge van onder andere digters, skilders, komponiste, liefde, onreg, lyding, seisoene en die lewenseinde. Wisselende stemminge is ’n spieël waarin die reisiger sien hoe alles om hom/haar verander, hoe hy/sy al meer die afdrukke van die jare dra en ervaar. Maar daar is ook lig: die lig van die liefde en hoop. Daar kom ook gedigte op die voetspoor van die meesterdigters Ovidius en Catullus voor.
Talle antieke sowel as eietydse taalstrategieë kom in die bundel aan die lig. En die slotsom is: net die liefde kan die oerchaos oorwin.