Ses Woorde van Die Sigeuner, Die
Product image

Ses Woorde van Die Sigeuner, Die

Vendor
Naledi Uitgewers
Regular price
R 260.00
Sale price
R 260.00
Regular price
R 260.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Hierdie bundel is die eerste Afrikaanse vertaling uit Grieks van ses gedigte van ’n liriese epos van ’n moderne Griekse digter, Kostis Palamas (1859-1943). In hierdie ses gedigte word liriese, epiese, dramatiese en visionêre elemente saam geweef in ’n beskrywing van die wedervaringe van Sigeuners tydens hul reis na en verblyf buite die mure van Konstantinopel voor sy val in 1453, soos vertel deur ’n woordvoerder van die Sigeuners. Die pragtige beeldspraak in die gedigte kom seepglad oor in Afrikaans.

Min was tot dusver bekend oor Sigeuners, hierdie eens versmaaide, verstote ras, maar dit blyk dat in die afgelope 50 jaar talle van hulle ontluik het as gerekende digters, akteurs, regisseurs, regsgeleerdes en politici. Vir die eerste keer kry Afrikaanse poësieliefhebbers nou ’n kykie van hierdie gemarginaliseerde Sigeunerpoësie. Voorbeelde van enkele gedigte van twee bekende Sigeuner-digteresse (in Engels, eie vertaling in Afrikaans) word ingesluit.