Soos die verwysing na perspektief in sy digbundeltitel aandui, laat Dreyer die leser nuut en in verwondering na die wêreld kyk.
Die bundel sluit natuurgedigte en reisgedigte in wat die mens se interaksie met sy omgewing belig. Ooptes en ongekarteerde gebiede dui op die onsekerheid en prekêre avontuur van die post-postmoderne mens.
Teenoor gedigte oor die antieke staan dié oor tegnologiese innovasie, asook wetenskapsfiksie. En menslike verhoudinge word in roerende liefdesgedigte verbeeld.