
Gertruida Gans woon saam met haar ouers by Vygieboomdam.
Sy verontagsaam Pappa en Mamma Gans se reël, verdwaal en beland amper in groot moeilikheid. Gelukkig kom Hanna Hadida tot haar redding. Gertruida leer ‘n belangrike les: reëls is daar om ons te beskerm en ongehoorsaamheid het gevolge.
Hierdie pragstorie leer kinders die Bybelse beginsel om aan hulle ouers gehoorsaam te wees. Daar is ook ‘n feitegids met vrae agterin om die beginsel vas te lê.