Huis-Huis: Kom Sit Aan Om Die Familietaf

Huis-Huis: Kom Sit Aan Om Die Familietaf

Vendor
Maroela Media (Pty) Ltd
Regular price
R 490.00
Sale price
R 490.00
Regular price
R 490.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

In Huis-huis nooi ons jou om saam met ons te kom aansit, in elke vertrek en met elke okkasie. In die eetkamer sit ons om ʼn mooi gedekte tafel aan vir hoenderpastei, beesbredie, boontjiesop en soetpatats. In die kombuis bak ons ontbytbroodjies en maak hawermoutpap saam met ʼn lekker beker boeretroos, en eet sommer in ons pajamas by die kombuistafel. In die sitkamer raak ons fênsie as die dominee huisbesoek kom doen – dan drink ons tee uit Ouma se Royal Albert-koppies en bedien melktert, dadelbolletjies en sjokoladekoek. Vrydagaande eet ons voor die TV – maklike etes soos Vrydagaand-pasta met Milo-balletjies vir nagereg.

As ons saam met die bure op die stoep braai, smul ons aan pampoenbrood, biltong-roosterkoek en appeltert op die kole. Op warm dae drink ons tuisgemaakte lemonade in die tuin, saam met vars slaai en ongebakte suurlemoenblokkies. En as jy, helaas, teen middernag nog ʼn hol kolletjie het, is daar altyd iets soets in die spens vir ʼn middernagfees: kondensmelkkoekies, klapperkoekies, vyekonfyt en fudge.

Meer as 100 watertand-resepte is by dié boek ingesluit.