Oor Die Kole - Martelize Brink

Oor Die Kole

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 420.00
Sale price
R 420.00
Regular price
R 420.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Laat die potte prut, die steaks sis, en die koek braai! Kole is koning.

Oor die kole is ’n om-die-vuur-kosboek met resepte vir elke okkasie in die buitelug: van ’n boere-ontbyt of kaalvoet-kuier om die braaivuur saam met jou hartsmense tot ’n fynproewer-feesmaal met dekadente soetgoed.

Braai is soveel meer as steaks, boerewors en tjops. Natuurlik is die tradisionele goue gunstelinge almal daar: ploegskaar-brekfis, askoek, potbrood, mosbolle, skaapstertjies, Matie Brink se afvalpotjie, waterblommetjies, heuningwortels en malvapoeding.
Maar . . . met haar houtlepel in die pot toor Martelize ’n swetterjoel flambojante treffers op: gerookte mieliepaptert, dieppot-pizza, kreefstertkerrie, calamarisosaties, seekossop en ketelbraai-snoek, eend met sjerrieglaseersel, varknek, lamsboud, koedoesteaks, selfs’n Latynse braaitafel met flentervarkskouer.
Nou ja, wat is ’n feesmaal sonder die soete verleidings? Pastel de nata (met ’n sweem van kardemom en kaneel), affogato, roomys met gerookte room, koekstruif met braaikoek en perskes, Siciliaanse lemoenkoek, en ’n reënboog van lusmakers.
Verskillende tegnieke en metodes vir buitelugkos word ingespan: braai en rooster oor die kole (selfs in die as), swartpotte, ketelbraai en beroking. Naas wenke vir kopkrappers soos braaihout, temperatuurmeters, rookmetodes, die briket-slangmetode en soorte swartpotte kry jy ’n warm dosis nostalgie in die vorm van Martelize se staaltjies en vertellings. Ware sielskos!