Brood & Botter: 'n Lewe van Kook - Nic Van Wyk

Brood & Botter: 'n Lewe van Kook

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 425.00
Sale price
R 425.00
Regular price
R 425.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

In Brood & Botter neem Nic van Wyk jou op ’n kosreis van 21 jaar, sy kulinêre mondigwording. Die boek herinner aan Kook en geniet, met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte ’n stappie verder: onthoukos soos groenbone met witpepersous, Ouma se boontjiesop en mieliepap met botter, suiker en melk. Sy onopgesmukte restaurantkos gaan jou verras met dieplekker geurkombinasies en sy hartskos weerspieël sy voorkeur vir eerlike kos sonder fieterjasies.