Vir hom begin alles met ’n besluit: Om mense te nooi vir ete. En dan kom die groot beplanning: die datum, die gaste, die tema en dekor en laaste — maar seker die belangrikste — die spyskaart.
Â
In  Herman se tafel  bied Herman Lensing tien unieke spyskaarte, elkeen geskoei op ’n tema waarby al die gange — voorgereg, hoofgereg, nagereg en meer — pas. Die keurige geregte in hierdie boek is saamgestel met kundigheid en styl, maar is deurgaans gebruikersvriendelik en aanloklik. Daar is ou Suid-Afrikaanse bekendes, maar ook Italiaanse pastas en ’n Franse nagereg of twee; disse waarin vars kruie die kollig steel, kuierkos vir lank eet, afshow-geregte om jou gaste te beïndruk en ja, selfs happies vir honde. En dan wys hy jou ook hoe om jou tafel te dek: óf met uitspattighede, óf met dit wat jy reeds in jou huis het. Vir Herman is die etenstafel die kern van die huis en van saamwees — van bande versterk en van vriendskappe smee — en ’n simbool van alles wat mooi en goed is.
Â
Met hierdie boek nooi Herman jou uit om fees te vier, om moeite te doen, om die lewe te vier en om groot — dog moeiteloos — te kook.