Helde van Suid-Afrika (#1) - Wendy Maartens

Helde van Suid-Afrika (#1)

Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 150.00
Sale price
R 150.00
Regular price
R 150.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek die ongelooflike verhaal van oudpresident Nelson Mandela wat ná 27 jaar in die tronk ons reënboognasie na vryheid gelei het; lees hoe Wolraad Woltemade en sy perd tydens ’n storm die see ingeswem het om die matrose van ’n sinkende skip te red; en ontmoet ’n dapper jong seun wat in die Anglo-Boereoorlog geweier het om sy mense te verraai. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:

1. ’n Perd van ’n ander kleur
2. Die matriekheld van Henley-on-Klip
3. Nelson Mandela, ’n leier so na ons hart
4. Nkosi Johnson veg vir hoop
5. Wolraad Woltemade, ’n melkboer met durf
6. Japie Greyling swyg

Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!