Default product image

Anderkant Die Water

Coming Soon
Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 320.00
Sale price
R 320.00
Regular price
R 320.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Niks is ooit weer dieselfde nie.

In 2021 gebeur die ondenkbare. Ronel du Plessis en oud-Bok Jannie du Plessis se seuntjie Jan-Nathaniël verdrink op tien maande by die huis in hulle swembad.
In ’n oogwink verander alles. Waar begin mens om die stukkies op te tel? Hoe bly jy staande na iets só overstaanbaar, só onregverdig met jou gebeur? Hoe hou jy jou familie bymekaar met soveel hartseer in die huis?
Anderkant die water is die uitbeelding van Ronel se soeke na antwoorde en genesing. Sy wend haarself na haar kuns, en begin om haar seuntjie, haar woede en haar hartseer uit te beeld met woorde, illustrasies, skilderye. Enigiets wat help om uiting te gee aan die onverwerkbare emosies in haar.
Niks is ooit weer dieselfde nie. Maar met hierdie boek wys sy ook dat daar tóg hoop anderkant die dood is. Hierdie boek is ’n huldeblyk aan hulle seun, ’n verwerking van hulle hartseer, ’n rekord van ’n ma se rou, en die storie van ’n hart se herstelling en die terugkeer van hoop.