Tromp-op is vir ALLE rugbyliefhebbers en spelers.
Dok Pool gebruik sy 60 jaar ervaring om geskiedenis, spelers en hedendaagse gesprekke te verweef – met die flair van ’n storieverteller.
Dit het as tweeweeklikse rugbyrubriek in Rapport begin en is op versoek van lesers en oudspelers in boekvorm saamgevat.
Die boek fokus hoofsaaklik op hoe rugby ’n spel vir alle liggaamstipes kan bly, én vir toeskouers aantreklik kan wees.
Reëlveranderings wat die spel se wese ondermyn en kortsigtige reëls wat skeidsregters se rol vergroot, word bespreek.
Die boek bied konstruktiewe voorstelle oor hoe om rugby se identiteit te bewaar.
Interessante toeligting handel oor die wesenlike verskil en wanbalans tussen die afrigting van verdediging en aanval.