Pretoria – Vyf mense, vyf dele van die stad. Die tweeling, Ben en Freya, is weeskinders en Freya glo dat hulle alles met mekaar deel. Ben word vermoor en Freya besef hy het geheime van sy eie gehad. Mnr. Oktober is ’n wewenaar-pa, ’n rugby-afrigter by die hoërskool en ’n passievolle Christen.