Die Calitze het alles op Maanschijnbaai kom verander. Almal weet teen dié tyd hulle
is slette, maar nou is daar selfs sprake dat hulle kan toor.
Kyk maar hoe het Sue die arme Zach betower. En Jo vir Saul. Maar die ergste is die
geliefde dominee Gideon wat handomkeer ’n ander mens geword het. Het dit iets te
doen met Nan se kragte? Of dalk met Jeannie se betrokkenheid by daardie sekte?
Hoekom anders het die oulike Ieg op die vlug geslaan? En nou wil Jeannie ’n
restaurant oopmaak en toorkos bedien.