Skuldig (2026 uitgawe)
Product image

Skuldig (2026 uitgawe)

Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 350.00
Sale price
R 350.00
Regular price
R 350.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Wenner van die 2016 ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur

As die dood onverwags en gewelddadig kom,
is dit regtig beter om vinnig, sonder lyding, saam te gaan?
Het die meeste mense nie daardie oomblikke nodig
om te bely en vergifnis te vra nie?

’n Middeljarige tandarts, tereggestel in sy sitkamer. Teen die muur, een woord. In bloed. Adjudant Colin Menck kyk na die “skoon” toneel en is oortuig dis ’n professionele moordenaar se werk.

Wie het hom gehuur? Die hoofverdagte is die slagoffer se vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen om so ’n dood te verdien?

Minder as ’n week later staan Menck weer voor ’n muur met sewe bloederige letters. Die enigste verbintenis tussen die twee slagoffers is nog ’n ongelukkige vrou, ’n eks hierdie keer, hulle seuntjie ’n twispunt.

Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier. En iemand uit ’n hoofstuk in sy lewe waarvan Menck eerder wil vergeet.

Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf?