Amper Einstein cover

Amper Einstein

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 190.00
Sale price
R 190.00
Regular price
R 190.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is ’n slimkop en hy en sy groepie “mede-geeks” by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook ’n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die “geeks” in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op ’n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.