Gabriella en die Hertog van Harte
Product image

Gabriella en die Hertog van Harte

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 215.00
Sale price
R 215.00
Regular price
R 215.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Gabriella wil haar oorlede ma se geliefde perd se bloedlyn op hulle plaas in Namibië hervestig.  Donnabelle was ‘n Oldenburger, ‘n skaars warmbloedige Europese perd. Gabi wend ‘n groot poging aan om Donnabelle se nageslag op te spoor, omdat sy hoop dit sal haar bande met haar oorlede ma versterk en sorg dat haar pa, wat pas weer getrou het, haar ma sal bly onthou. Noodgedwonge moet Gabi en haar stiefma saamwerk om Duke, oftewel, die “hertog van harte” te gaan soek. Die soektog neem hulle na ‘n landbouskool in die Boland. Duke is ’n humeurige perd en die enigste raad is om Robert, ‘n Gr 12-leerder met ‘n sonderlinge talent om met moeilike perde te werk, saam met Gabi-hulle terug Namibië toe te laat ry.