Wanneer tweelingsusters Karabo en Siphe werkers hoor kla oor die vreemde goed wat by die nuwe biblioteek se bouperseel aangaan, is Karabo vasbeslote om die waarheid uit te vind. Saam met hulle vriend Bandile en sy polisiehond, Zuko, gaan stel hulle ondersoek in. Maar hulle beland in 'n baie groter avontuur as waarop hulle gereken het - met dansende spoke, gevaarlike sendings en 'n baie vreemde magiese wese . . .