Die eerlike manier waarop Tania in haar skrywes met haar eie, maar ook alle mense se gereelde en diepste emosies omgaan, het ‘n belangrike aar in lesers se gevoelslewens raakgeboor.
Heelword is die tweede bundel uit die pen en lewe van die Oudtshoorn skrywer, Tania Smit. Haar eerste bundel, Hekelwoorde van My Hart, het in die bestek van twee jaar tot duisende boekverkope en volgelinge op sosiale media gelei, en is deur The South African Independent Publisher’s Awards aangewys as die mees inspirerende bundel van 2019.