New All-in-one Grade 2 Big Book 08 HL - Best Books

New All-in-one Grade 2 Big Book 08 HL

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 268.00
Sale price
R 268.00
Regular price
R 268.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Die Grootboeke stel die leerders bekend aan ’n verskeidenheid tekstipes. Die boeke sluit storieteks, eenvoudige feiteteks, rympies, raaisels, grappies en grafiese teks in en is spesiaal ontwikkel om ’n groot verskeidenheid gedrukte tekskenmerke op informele wyse aan die leerders bekend te stel. Die moeilikheidsgraad van die Grootboeke neem toe van die eerste maklike herhalende teks in Grootboek 1 tot in Grootboek 16 waar ’n beroep gedoen word op die leerder se toenemende visuele geletterheid en taalbegrip.

Die boeke is spesiaal geskryf om by die ontwikkelingsvlak, ervaringswêreld en sin van humor van die Graad 2-leerder te pas. Hierdie boek sluit aan by die tema “Gesonde leefwyses” in die Leerderboek en Onderwysersgids. Dit is ook so ontwikkel dat die boeke in meer as een leessessie gebruik kan word soos dit volledig in die onderrigplanne beskryf word.