Murasie - Chanette Paul

Murasie

Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 370.00
Sale price
R 370.00
Regular price
R 370.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Moles is nie ongekend op Verlatenfontein nie. Moord ook nie. Inteendeel. Die Strandveld loop dik van die stories. Veral stories oor Verlatenfontein en die tyd toe die Brewisse daar gebly het. Oor Bert Brewis en sy humeur en oor sy beeldskone Engelse vrou. Ook oor hulle twee dogters - die oudste te vaal om hubaar te wees, die jongste 'n bottende skoonheid. En oor die woede wat so sterk deur die gene van hierdie luisterryke, vooraanstaande familie loop. Ras Erasmus ken feitlik elkeen van hierdie Verlatenfontein-stories soos oorvertel deur sy ouma Kate. Op haar doodsbed laat sy hom drie beloftes afle. Die kans doen hom voor om hierdie beloftes na te kom toe hy 'n kwotasie moet uitwerk vir die restourasie van die opstal op Verlatenfontein nadat dit vir die vierde keer in honderd en twintig jaar net halfpad afbrand - raaiselagtig genoeg, telkens op 'n betekenisvolle datum. Maar hy het nie rekening gehou daarmee dat daar 'n huurpag op 'n gedeelte van die plaas bestaan nie. Die huurpag is duur gekoop - nie soseer met geld nie, maar met 'n veel duurder kommoditeit. Eers toe Georgie Rabie Verlatenfontein toe moet vlug na 'n twiet wat haar baie suur bekom het, hoor sy wat die ware storie is agter die huurpag wat haar peetma hou. 'n Huurpag waaragter Ras Erasmus aan is, en nie net hy nie.