Die ideale Kers- en Vadersdag geskenk.
Daarna ‘n gepaste geskenk vir enige tyd van die jaar.
Kunstig saamgestel, duursaam en inspirerend.
Vorm deel van ‘n reeks joernale, in Afrikaans en Engels.
Nie net ‘n mooi boek nie, dis ‘n kunswerk en ‘n erfstuk.
Die boek bestaan uit tien hoofstukke met gepaste digkuns en kunswerke wat pa’s op reis neem – deur hul eie herinneringe.
Daar is ‘n stewige koevert waarin die pa memorabilia soos foto’s, briewe en ‘n usb (vir video’s, foto’s en stemboodskappe) kan plaas.
Dit bevat ook geografiese kaarte waarop die pa kan aandui waar hy gewoon, gewerk en gereis het.
Die boek sluit ‘n kleiner handleiding in wat inspirasieprikkels (prompts) bevat. Die doel is om leiding te gee sonder om voorskriftelik te wees.