
"Eugène N. Marais is in 2021 honderd en vyftig jaar gelede gebore en het vyf en tagtig jaar gelede aan eie hand gesterf. Hy het ʹn breë terrein bestryk as prosaskrywer, digter, dramaturg, natuurkundige, hipnoterapeut, regsman en joernalis. Sy Versamelde Werke het twee uitgawes beleef en ouer sowel as jonger lesers vind steeds daarby aanklank.Laramie bevat bydraes deur eietydse skrywers in die vorm van prosa, poësie en essays uit die regte, natuurwetenskappe, sielkunde, filosofie en geskiedenis. Standaardafrikaans, Griekwa-Afrikaans en Kaaps, selfs Nederlands, loop saam op Marais se spoor. Lof en meelewing maar ook fel kritiek bied ʹn gebalanseerde kyk op hierdie geroemde, omstrede en tragiese figuur. Dit bevat iets vir almal"--Back cover.