
"Ellie McKenna hou van haar tydelike verblyf op die platteland. Sy het tyd om te dink oor haar pa se dood by die padblokkade, om te herstel van die fisieke en geestelike beserings van haar laaste saak in die polisiediens. Sy help selfs uit as kerkorrelis. Haar dae is ongekompliseerd. Op 'n Sondag stap twee vreemde mans egter die kerk binne en terwyl sy hulle in die truspieëltjie van die orrel dophou, weet sy hulle soek na haar. En sy weet sy sal moet uitvind wie hulle gestuur het, en waarom."--Cover.