Ouma Mollie en die Mensvreter - Fanie Viljoen

Ouma Mollie en die Mensvreter

Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 170.00
Sale price
R 170.00
Regular price
R 170.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

“Die laaste een in die see is ’n bolletjie snot!” roep ouma Mollie. Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos ’n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blapsie, die basterbrak, in haar kar, Spokie. Hulle sit af see toe. Dis waar hulle in GROTER moeilikheid beland, want ouma Mollie wil mos leer surf. En sy wil die dolfyne voer. En ... Nee, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur. Ai, as ouma Mollie net geluister het toe Simon Jantjies vir haar waarsku dat daar ’n HAAI in die water is. Oepsie! Die arme haai ...