Tillie se beste vriendin Milanka Ãs high-maintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksie-perfeksie, #blessed vriendin. Maar sy’t nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie ”¦ Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, kom Tillie agter iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster-mondering?