Die eerste boek in ’n opwindende nuwe speurreeks vir jong lesers waarvan meer as 850 000 eksemplare al wêreldwyd verkoop is. Kwaaikofski is ‘n negejarige seun met ‘n avontuurlike stokperdjie: Hy is ’n amateurspeurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook NOOIT sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Sy eerste speursaak is ’n moeilike een: Waarom op aarde verdwyn sy gunstelingkougom uit Olgo se winkel? Het daai simpel vent Slang dalk iets daarmee te doen? Een ding is seker: Speurder Kwaaikofski gaan uitvind! Humoristies, avontuurlik en pret, van begin tot einde!