Kitchen Queen - Lucia Mthiyane

Kitchen Queen

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 375.00
Sale price
R 375.00
Regular price
R 375.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Die groei van sosiale media en interaktiewe internetplatforms het oor die afgelope twee dekades ’n nuwe bemarkingsbedryf ingelei. Handelsmerke wêreldwyd sien die potensiaal van sosialemedia-toonaangewers raak en benut ook die sukses van bekendes in sosiale media. Daar is selfs ’n nuwe benaming vir hierdie gewilde sosiale toonaangewers, naamlik influencers, oftewel beïnvloeders, wie se invloed gemeet word aan hul aantal aanhangers op sosiale media. Adverteerders het ook grootskaals uit hierdie mark, waar enigeen van Jan Alleman tot glanspersoonlikhede sterstatus kan skep, begin munt slaan. Die toppunt van sukses vir hierdie sosialenetwerk-beïnvloeders is om “gepubliseer” te word, ’n tendens wat die algemene boekbedryf natuurlik verwelkom.

In Kitchen Queen neem Lucia Mthiyane – beïnvloeder par excellence – haar aanhangers op ’n unieke kulinêre reis van alledaagse maar ook uitsonderlike stories, wyshede en resepte. Sy deel dit met soveel passie, dit is amper tasbaar. Hierdie sonderlinge boek gaan sélf ‘n toonaangewende publikasie vir ander beïnvloeders word!